Hoek van Japonicalaan 103 & Ben Swartstraat 1212, Moregloed Kantoorure: Ma-Vr 08:00-13:00  |  mootsentraal@apkerk.co.za

Meer oor ons

Leer ons gemeente ken

Die AP Kerk Moot Sentraal het tans 488 belydende lidmate en 88 dooplidmate. Ons oudste lidmaat is tannie Bets Visser wat op 9 April 92 jaar oud geword het.

Nog interessante inligting oor die geskiedenis van ons kerk volg binnekort...

Wat ons glo

Die Afrikaanse Protestantse kerkverband bestaan uit gereformeerde kerke (gemeentes) van Christus wat:

Die Drie-enige God waarlik wil ken en wil dien;

Jesus Christus as Here bely en in Hom as die enigste Middelaar hulle volle redding verwag;

in ’n wêreld wat die mens al meer sien as die norm van sy eie besluite, glo dat die oppermag van God vanuit sy Woord onverskrokke verkondig moet word;

hul kerkwees bou op die Bybel as Woord van God;

hulle roeping daarin vind om God se Woord suiwer te verkondig;

en hierin staan die uitgangspunte van die reformasie vir hulle sentraal, te wete:

  • Die Woord alleen (Sola Scriptura),
  • Christus alleen (Solus Christus),
  • Genade alleen (Sola Fide).

Die volgende belydenisskrifte aanvaar omdat dit in ooreenstemming met God se Woord is:

  • Ekumeniese belydenisse: die Apostoliese Geloofsbelydenis, die Geloofsbelydenis van Nicea en die Geloofsbelydenis van Athanasius.
  • Gereformeerde belydenisskrifte: die Nederlandse Geloofsbelydenis, die Heidelbergse Kategismus en die Dordtse Leerreëls.

Dus in die tradisie van die Hervorming staan;

elk as pilaar en grondslag van die waarheid, mense tot dissipels wil maak van die Drie-enige God en hulle wil leer om alles te onderhou wat die Here sy kerk beveel het.

Ons leraar

Gemeente foto

Ons geliefde leraar, Ds Leon Lubbe, het ’n paar vrae beantwoord oor sy lewe, sy werk en sy wense vir AP Kerk Moot Sentraal.

Waar is u gebore?
Pretoria
Waar het u gematrikuleer?
Hoër Volkskool te Potchefstroom
Waar het u gestudeer?
Afrikaanse Protestantse Akademie te Pretoria
Watter kwalifikasie(s) het u behaal?
B.A. Admissie - 2002; B.Th - 2004
Wanneer en met wie is u getroud?
Hettie Lubbe (née de Beer) op 27 Maart 2004
Hoeveel kinders het julle?
2 seuns, Leon en Johan
Sedert wanneer is u leraar van die gemeente?
November 2016
Wat is u passie in die bediening?
Om die evangelie te verkondig soos wat dit die Here behaag. Om mense se harte gelukkig te maak is altyd ’n wonderlike manier hoe die Heilige Gees in ons gemeente werk.
Wat is u visie vir APK Moot-Sentraal?
Ons moet ’n gemeente wees wat in liefde saam die Hoof van die kerk, Jesus Christus, sal dien met totale oorgawe.

Jeug

Jonger jeug

Die Jeug (Jonger Jeug) geleenthede wat ons reël, is vir jongmense wat graag in die kerk ook saam deel wil wees van die gemeente. Die jeug van die gemeente bestaan uit alle jongmense wat 18 jaar en jonger is. Ons poog om aan ons kinders waardes te leer waarin hulle elke dag kan leef. Die waardes waarby ons hierdie jaar stilstaan, is gebou op Galasiërs 5:22 en elke gelowige wat met hierdie waardes leef, kan in enige verhouding tot iemand anders op die regte manier optree.

Die jeug poog om gereeld verkope op ’n Vrydagaand te hou met die doel om ’n jeugkamp aan te bied waar jongmense van die gemeente baie pret kan hê. Die jeugkamp vind gedurende die Oktobervakansie plaas en beloof om ’n onvergeetlike ervaring te wees.

Werkende jongmense

So het ons in die gemeente ’n werkende jeuggroep wat almal insluit wat ouer as 18 is. Hierdie groep is vir almal wat voel hulle wil nie meer die heeldag speletjies speel nie en graag meer tyd wil spandeer om sekere onderwerpe te bespreek wat meer op die werkende jongmens gerig is.

Ons kom een maal per maand bymekaar en gewoonlik gaan dit gepaard met ’n gesellige kuier rondom byvoorbeeld ’n kampvuur.

Beide die jeuggroepe het ten doel om ons jongmense in die kerk tuis te laat voel omdat hulle ook deel is van die liggaam van Jesus Christus soos 1 Korintiërs 12:12-31 ons leer.

Verbondsonderrig

Elke Sondag is daar Verbondsonderrig by die kerk. In die lig van Deuteronomium 6:7 is dit vir die gemeente belangrik dat ons kinders opgevoed word binne die verbond van die Here. Ons het as ouers met die doop van ons kinders belowe om hulle te onderrig en te laat onderrig om die Here te ken en sy wil na te streef in hulle lewens.

Ons poog om die kinders elke Sondag op so ’n wyse te onderrig dat hulle die Woord van God ken. In die kleiner grade is dit meer die Bybelverhale wat hulle leer en later, deur middel van die Heidelbergse Kategismus, leer hulle dit wat hulle nodig het om salig te kan lewe in die Verlossing van Jesus Christus.

Die Verbondsonderrig vind na die oggenddiens plaas. Tot 11:00 op ’n Sondagoggend is die klassies besig, en dit is vir ons belangrik dat die kinders van kleins af ervaar dat hulle ook deel is van die kerk.

Kerkraad

Die ouderlinge en diakens in die gemeente is besonderse manne wat deur God geroep word om deur middel van een van die drie ampsterreine die gemeente te bedien.

Uit die Nuwe Testament blyk dat God steeds sy verbondsvolk deur gelowiges laat bedien wat veral op een van die drie ampsterreine funksioneer: die leraar profeties, die diaken priesterlik en die ouderling koninklik. Sy doel daarmee is om die gelowiges toe te rus vir hulle dienswerk en om die gemeente as liggaam van Christus op te bou (Ef. 4:12).

Vereistes vir die amp

Uit die Bybel is dit duidelik dat ’n ampsdraer bekend moet wees as iemand met ’n lewende geloof, met ’n begeerte om vir die Here te werk, wat bekwaam is om te onderrig, wat ook gewillig is om daarvoor toegerus te word en wat die Heilige Skrif voortdurend ernstig ondersoek. Verder moet ’n ampsdraer onberispelik wees, die man van een vrou, nugter, ingetoë, fatsoenlik, gasvry (1 Tim. 3:2), in alle opsigte betroubaar (Hand. 6:3) en met die Gees van God vervul wees.

Hoofleiers

Leierouderling

Andries Claassens
084 581 6488

Leierdiaken

André Visser
084 514 4075

Susters

Die vrouens in die gemeente is hardwerkend en altyd bereid om reg te staan met die lekkerste eetgoed. Sonder hulle sou die gemeente maar gefaal het en die manne sou heelwat swaarder gekry het.

Die voorsitter van ons susters is mev. Magda Scheuer, wyk MD5.

Kontakdetails

Fisiese adres

Hoek van Japonicalaan 103 en Ben Swartstraat 1212, Moregloed

Sien op Google Maps


Posadres: Posbus 31051, Totiusdal, 0134

E-pos: mootsentraal@apkerk.co.za

Kantoorure: Maandag tot Vrydag, 08:00 tot 13:00

Kontakpersone

Saakgelastigde

Lucy Venter
083 288 8526

Koster

Chris van den Heever
082 555 4130

Orrelis

Louise Visser
084 525 2600

Kombuis en begrafnisse

Elsabé van Dalen - 066 290 0092
Marika Jansen van Rensburg - 083 275 2665
Nicolette Moolman (Begrafnisse) - 076 201 2910

Leierouderling

Thys Fourie
065 955 6350

Leierdiaken

Jeandré Landsberg
072 388 2441